Mookgopong, Limpopo 560

LATEST
bedrooms 3
bathrooms 2
|House
IDR Rp2,912,334,798
ZAR R2,690,000
Published on: 20 Jun 2026
Last updated on: 21 Jun 2026
Mookgopong, Limpopo 560
Mookgopong, Limpopo 560
Mookgopong, Limpopo 560
+42
Mookgopong, Limpopo 560
  • 42
Property ID: 310108922152
Translate to English
Mookgopong, Limpopo 560
EKSKLUSIEWE MANDAAT - Moderne Ruim en Stylvolle 3 slaapkamer 2 badkamer woning in 'n pragtige deel van die gesogte Die Oog Aftree Landgoed Hierdie besonder netjiese, moderne en uitstekend onderhoude woning bied veel meer as die gemiddelde eiendom in die area. Met drie slaapkamers, twee badkamers, ekstra ruim oopplan leefareas en uitstekende energiebesparende kenmerke, is hierdie 'n huis waar gemak, praktiese leefbaarheid en rustige tuinlewe perfek saamvloei. By aankoms word jy begroet deur drie afdakke aan die regterkant van die erf. Wanneer jy deur die tuinhekkie stap, lei 'n kronkelende klippaadjie jou deur 'n kleurvolle tuintjie met pragtige rose, gevestigde plante en broodbome tot by die voordeur. Aan die regterkant van die ingang is 'n praktiese toegeboude waskamer. Sodra jy die huis binnekom, ontvou die ruim oopplan leefarea voor jou. Die moderne kombuis met 'n groot eiland en elegante Caesarstone-werkblaaie vorm die hart van die huis, terwyl die eetkamer gerieflik aan die linkerkant geleë is. Hierdie uitnodigende ruimte vloei naatloos saam met die ruim sitkamer en skep 'n ideale omgewing vir gesinslewe en onthaal. Pragtige ingeboude houtkaste voeg warmte en karakter by die leefarea. 'n Skuifdeur lei na die volledig toegemaakte stoep waar aluminium- en glaspanele 'n helder, ligte atmosfeer skep. Die ingeboude braai en ruimte vir 'n 8 tot 10-sitplek eetkamertafel maak hierdie area die perfekte plek vir lang, gesellige kuiers saam met familie en vriende. Vanaf die stoep stap jy uit na 'n smaakvol aangelegde, lae-onderhoud tuin waar groenigheid, kleurvolle plante en rustige atmosfeer jou onmiddellik laat tuis voel. Die area is met plaveistene uitgelê vir lae onderhoud en gemaklike beweegruimtes. Vanuit die kombuis lei 'n gang na die slaapvertrekke. Die eerste gastekamer is links geleë, met die netjiese gastebadkamer aan die regterkant. Verder af is die tweede slaapkamer, terwyl ekstra ingeboude kaste in die gang waardevolle linne- en pakplek bied. Aan die einde van die gang wag die ruim hoofslaapkamer met 'n volledige muur van ingeboude houtkaste. Die en-suite badkamer beskik oor 'n groot instapstort met glaspaneel, toilet en wasbak. 'n Besonderse voordeel van hierdie woning is dat al drie slaapkamers direkte toegang tot die binnetuin het deur middel van buitedeure. Net voor die hoofslaapkamer is 'n ekstra afdak aangebring - die ideale plek om jou dag met 'n koppie koffie tussen die plantegroei en voëllewe te begin. Die woning is verder toegerus met 19 sonpanele, 'n 8kW inverter en batterykapasiteit van ongeveer 20kW, wat uitstekende energiedoeltreffendheid en betroubare kragvoorsiening verseker. Die waterverkoeler op die dak bied 'n omgewingsvriendelike verkoelingstelsel wat ideaal is vir warm somersdae. Twee ekstra gereedskapshuisies word by die verkoop ingesluit, waarvan een die inverter- en batterystelsel huisves e nook plek het vir jou tuingereedskap. Die netjiese tuin word verder ondersteun deur 'n outomatiese besproeiingstelsel wat gerieflik met 'n tydskakelaar beheer kan word. Hierdie gewilde leefomgewing word verder versterk deur die betrokkenheid van die SAVF, 'n organisasie wat reeds sedert 1904 gemeenskappe en senior inwoners ondersteun. Die ontwikkeling van verbeterde gesondheids- en versorgingsfasiliteite binne die gemeenskap, insluitend die beplande nuwe mediese sentrum, dra by tot die langtermyn waarde, gerief en gemoedsrus van inwoners. SAVF bly een van Suid-Afrika se mees gevestigde organisasies op die gebied van gemeenskaps- en seniorsorg. Hierdie uitsonderlike eiendom kombineer ruimte, moderne geriewe, energiedoeltreffendheid en 'n rustige tuinomgewing in een besonderse pakket - die ideale woning vir kopers wat kwaliteit, gemak en 'n uitstekende leefstyl waardeer. Hierdie tipe woning is besonder gesog en kom selde op die mark. Moenie die geleentheid laat verbygaan nie - uitstel lei dikwels tot spyt. Kontak my vandag nog om 'n privaat besigtiging te reël en ontdek self alles wat hierdie uitsonderlike

Property Details

Basic Info

Property Type
House
Building Size
144.00 m2
Rooms
3 bedroom(s), 2 bathroom(s)
Address
Mookgopong, Limpopo 560
Contact Agent
Suzette Van Staden
Suzette Van Staden
Bushveld
Get in touch
Report this page

Contact Agent

Contact Agent

Email enquiry to Bushveld

Suzette Van Staden
Suzette Van Staden
What's your enquiry about?
      By clicking "Submit", you accept our Privacy Policy and acknowledge that as the agent for this property is located overseas, your information may not be handled in accordance with the privacy laws applicable to this website.

      Property ID: 310108922152

      Original Property ID: EDENI-117751481
      * THIS SERVICE MAY CONTAIN TRANSLATIONS POWERED BY GOOGLE. GOOGLE DISCLAIMS ALL WARRANTIES RELATED TO THE TRANSLATIONS, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING ANY WARRANTIES OF ACCURACY, RELIABILITY, AND ANY IMPLIED WARRANTIES OF MERCHANTABILITY, FITNESS FOR A PARTICULAR PURPOSE AND NONINFRINGEMENT.