Mookgopong, Limpopo 560

bedrooms 3
bathrooms 2
|House
IDR Rp2,901,508,275
ZAR R2,680,000
Published on: 04 Jun 2026
Last updated on: 21 Jun 2026
Mookgopong, Limpopo 560
Mookgopong, Limpopo 560
Mookgopong, Limpopo 560
+38
Mookgopong, Limpopo 560
  • 38
Property ID: 310108516590
Translate to English
Mookgopong, Limpopo 560
EKSKLUSIEWE MANDAAT - Moderne Aftree Familiehuis in Die Oog Aftree Landgoed - 'n Juweel teen die reenwater afvoerkanaal van die dammetjie met inheemse bos Hierdie pragtige, moderne en slim-beplande familiehuis is ideaal geleë op 'n rustige waterloop net onderkant die gewilde Wenassie-dammetjie in Die Oog Aftree Landgoed. Die huis spog met 'n ononderbroke uitsig oor die bos, waar Njala, bosbokke, muishonde, tarentale, fisante en 'n verskeidenheid kleiner voëltjies en ander bosbewoners gereeld hul verskyning maak - reg op jou drumpel. Die huis het ook 12 sonpanele met 2 5Kw batterye en 'n waterverkoeling sisteem op die dak wat die huis in die somer koel hou sonder die kragrekening en nadele van 'n gewone lugverkoeling waarvoor sekere mense sensitief is. Die 2 ekstra afdakke asook toesluit motorhuis maak voorsiening vir ekstra voertuie en parkeerplek. INDELING EN LEEFSPASIE: Sodra jy deur die voordeur stap, word jy verwelkom in 'n ruim en oop sitkamer met die gerieflike kombuis reg voor jou. Die kombuiskaste is modern met graniet blaaie en daar is ook 'n waterfilter wat veilige drinkwater waarborg. Links is die motorhuis met direkte toegang tot die huis, asook 'n netjiese waskamer. Daar is 'n ingeboude staal gereedskapkas wat oopvou as werksbank wat ingesluit is in die koop. Links vanuit die sitkamer is daar toegang tot die eerste slaapkamer, wat ook gebruik kan word as 'n studeer-, stokperdjie- of werkskamer - perfek vir enige kreatiewe of administratiewe behoefte. Die sitkamer / TV-kamer is gesellig en prakties ingerig, met 'n ingeboude kas vir 'n en 'n stylvolle drankkabinet - ideaal vir vermaak of ontspanning. Direk aansluitend aan die sitkamer is 'n toegeboude stoep met glasdeure, wat as eetkamer dien en 'n ingeboude gasbraaier bevat - perfek vir binnebraai sonder rook in die huis. Hierdie ruimte vloei uit na 'n onderdak ingeboude braai-area via skuifglasdeure - 'n wonderlike kuierplek vir alle seisoene en weerstoestande. SLAAPKAMERS EN BADKAMERS: Vanuit die sitkamer lei 'n kort gang na die slaapkamers: Aan die regterkant is die tweede slaapkamer, met glasdeure wat oopmaak na en uitkyk op die rustige tuin. Links is die gastebadkamer, volledig toegerus met 'n bad, stort, toilet en wasbak - modern en netjies. Aan die einde van die gang is die hoofslaapkamer, wat 'n asemrowende uitsig bied op die weelderige tuin. Daar is oorvloedige kasruimte aan beide kante van die gangetjie wat lei na die en suite-badkamer. Dié badkamer is ruim en luuks, met granietblaaie, 'n stort, toilet, wasbak en volop kas- en laairuimte. TUIN EN OMGEWING: Die tuin is ruim, privaat en welig - 'n ware oase van rustigheid. Die atmosfeer is kalmerend, met die natuurlike klanke van die bos wat jou heeldag omring. Saans word jy begroet deur die geluide van nagapies, uile, bosbokke wat blaf, en soms die geroep van jakkalse uit die natuurreservaat. Dit herinner jou daagliks aan hoe bevoorreg jy is om in so 'n natuurlike bosparadys te woon. DIE OOG - 'N VOLWAARDIGE AFTREE LEWENSTYL: Die Oog Aftree Landgoed bied veel meer as net 'n huis - dis 'n leefstyl van aktiewe aftrede en gemeenskapsverbondenheid: Warmwater mineraal-swembad (ideaal vir gesondheid en sosiale kuier) Sorgeenheid, restaurant, winkeltjie en daaglikse medisyne-aflewering vanaf apteke in Naboomspruit (slegs 16 km weg) Checkers 60/60 aflewering beskikbaar vanaf die dorp Restaurant met daaglikse spyskaart en spesiale aanbiedinge Gemeenskaplike aktiwiteite in die saal: Pilates, stoelpilates, MAP-oefeninge, strek, lyndans (beginner tot gevorderd), jukskei, putt-putt, voëlkyk, boomkyk, fietsry, draf en staproetes in die reservaat Pool tafels op die stoep en verskeie kuierareas Inwoners vorm deel van 'n vriendelike en hegte gemeenskap - soos 'n uitgebreide familie. Die kos in die eetarea is bekostigbaar en huislik, en bring mense saam om stories en lewenservarings te deel. Hierdie huis is 'n perfekte keuse vir iemand wat op soek is na stylvolle, gerieflike aftrede - met al die moderne gemak wat jy nod

Property Details

Basic Info

Property Type
House
Building Size
127.00 m2
Rooms
3 bedroom(s), 2 bathroom(s)
Address
Mookgopong, Limpopo 560
Contact Agent
Suzette Van Staden
Suzette Van Staden
Bushveld
Get in touch
Report this page

Contact Agent

Contact Agent

Email enquiry to Bushveld

Suzette Van Staden
Suzette Van Staden
What's your enquiry about?
      By clicking "Submit", you accept our Privacy Policy and acknowledge that as the agent for this property is located overseas, your information may not be handled in accordance with the privacy laws applicable to this website.

      Property ID: 310108516590

      Original Property ID: EDENI-117099797
      * THIS SERVICE MAY CONTAIN TRANSLATIONS POWERED BY GOOGLE. GOOGLE DISCLAIMS ALL WARRANTIES RELATED TO THE TRANSLATIONS, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING ANY WARRANTIES OF ACCURACY, RELIABILITY, AND ANY IMPLIED WARRANTIES OF MERCHANTABILITY, FITNESS FOR A PARTICULAR PURPOSE AND NONINFRINGEMENT.